OOR FRANCOIS

Ek hou van goeie koffie by onbekende koffiewinkels waar daar altyd tyd is vir ‘n vinnige geselsie. Ek het teologie studeer na skool en dit is daar waar ek my passie vir Sendingwerk en Tienerbediening ontdek het.

My lewens-motto is 1 Petrus 3:15 “Inteendeel, erken in julle harte Christus as die een wat seggenskap het. As julle dit doen, en iemand vra julle uit oor die hoop wat in julle leef, wees altyd reg om te reageer”. Jesus het my lewe gevul met hoop en ‘n groot toekomsverwagting vir ons land en veral vir ons land se tieners. Ek probeer elke dag sò te lewe dat die hoop wat God in my hart gesit het vir ander om my sal sigbaar wees.

My droom vir die Stoom tieners is dat hulle met sekerheid vir ander kan sê hoekom hulle daagliks kies om Jesus te volg tydens die swaarkry, maar ook wanneer dit goed gaan.

X