OOR ONS
ONS MISSIE
Ons streef daarna om God se hartklop uit te leef op ‘n praktiese manier, deur Hom lief te hê met hart, siel, krag en verstand, en ander soos onsself.
ONS VISIE
Om ‘n kerk te wees waar almal welkom is, maar tog ook gekonfronteer word met God se waarheid om sodoende in totaliteit te groei in ons verhouding met Hom, en Jesus se lewensritmes uit te leef.
Jesus se antwoord was: “‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.’ Dit is die eerste en belangrikste opdrag. Die tweede, ewe belangrike opdrag is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ Al die ander vereistes van die wet en die profete berus op hierdie twee gebooie.”
Matteus 22:37-40 (NLV)
