OOR ONS…

Ons storie

Ritmia, afgelei van die woord Rythmia  – The natural state of well-being when Mind, Body and Spirit are balanced and in perfect rhythm. Hierdie is ‘n opsomming van wat ons glo God oor elke mens droom en hoe ons Hom moet lief hê met hart, siel, krag en verstand (Matteus 22: 37-39).

Ritmia se deure is in 2014 geopen waar ons deel was van die LewenSentrum (Wesrand) familie. Oor die afgelope 10 jaar, deur God se genade, het ons gemeente en gemeenskap bly groei, en is ons dankbaar vir elke lewe wat saam met ons verander het, en wat elke dag leer om God se hartklop te hoor, dit na te jaag en uit te leef.

Ons is nie verbonde aan enige denominasie nie en is ‘n interkerklike onafhanklike gemeente. Die rede hiervoor het te doen met ons bedieningsfilosofie en ons toekomsdrome.

By Ritmia is almal welkom, en moedig ons mekaar aan om saam te leer, saam deur uitdagings te werk, en saam oorwinnigs te vier!

God se hartklop vir elkeen van ons!

Ons Waardes

Ons is in 2014 geopen onder die naam Wesrand Lewensentrum, en op 14 Oktober 2018 verander die naam na Ritmia Gemeente.

Oor die afgelope 5 jaar, deur God se genade, het ons gemeente en gemeenskap bly groei en is ons dankbaar vir elke lewe wat saam met ons verander het, en wat elke dag leer om God se hartklop te hoor, dit na te jaag en uit te leef.

Ons Visie

Om n kerk te wees waar almal welkom is, maar tog ook gekonfronteer word met God se waarheid om sodoende in totaliteit te groei in ons verhouding met Hom, en Jesus se lewensritmes uit te leef.

Ons Missie

Ons streef daarna om God se hartklop uit te leef op n praktiese manier, deur Hom lief te he, met hart, siel, krag en verstand, en ander soos onsself.