Ons glo dat Gr. 7 ‘n baie belangrike tyd in ‘n jong mens se vormingsjare is. Groot besluite word op hierdie ouderdom gemaak. Daarom is hierdie bediening gestig – sodat ons intensioneel verhouding kan bou met die jong klomp op hierdie ouderdom en sodat ons hulle kan leer wie God is en hoekom ons God wil dien.

OOR KYLE

Ek is ‘n “Jack of many trades” en as ek nie iets kan doen nie is ek altyd gretig om iets nuuts te leer. Ek geniet ‘n uitdaging en hou daarvan om uit my pad uit te gaan om ander mense te help. Ek het ń groot passie vir die natuur en geniet die plaaslewe. My lewensdroom is om eendag ‘n wildsplaas te kan hê waarop ek ‘n kerk kan stig, sodat ek en die gemeente elke Sondag God se Almag en wonderwerke in die natuur kan aanskou. Ek is optimisties oor die lewe en glo dat alles gebeur soos dit moet.
Ek geniet dit om met mense te gesels oor die lewe veral om ‘n bosveld vuurtjie. Ek is eerlik, regverdig, lojaal en spontaan. Ek het ‘n sterk persoonlikheid en kan soms hardkoppig wees. Ek glo dat die Here my hardkoppigheid sal gebruik om by my waardes te staan en op so ’n manier mense wat om my is op ’n positiewe manier sal beïnvloed. Ek is reg vir enige nuwe reise en uitdagings wat vir my voorlê!

X