
Ons by GLOW se hart is om kinders net weer kinders te laat wees en elkeen opgewonde te maak oor hulle verhouding met Jesus en om Hom te leer ken! Hetsy dit nou deur musiek, speel of ‘n aktiwiteit is!
By GLOW glo ons dat die Bybel nooit vervelig moet wees nie, dus word die verhale op kreatiewe maniere aangebied met behulp van verskeie hulpbronne. Die musiek mag maar bietjie hard wees, gebeure is spontaan en die energieke vrywilligers maak dat almal weet, hier is ‘n span wat omgee! Elkeen is vir ons belangrik! Van die kleinste kindjie tot die grootste vrywilliger! Hier by GLOW leer ons saam en ontdek waarhede in die Bybel op ‘n praktiese manier en met hope pret!
GLOW, waar Bybel, pret en musiek jou familie word!
Sondagoggende | 09:15

OOR JUANÉ
Ek is gebore en grootgemaak in die Leaveld, maar ek het eintlik “groot geword” toe ek ‘n student op die PUK was en die eerste keer self moes inkopies doen en iemand moes vra om vir my te wys hoe werk ‘n wasmasjien. Ek het my verloofde, Cameron Allen, ook op die Puk ontmoet en ons haak die 5de Desember die knoop deur. Jy sal my meeste van die tyd met ‘n boek of ‘n verfkwas in die hand kry en ek put graag inspirasie uit God, die oorspronklike Kunstenaar, se skepping.
Romeine 12 dien as my riglyne vir die lewe en dit maak my hart ongelooflik bly wanneer ek mense van God se liefde en genade kan leer. Ek hoop om elke kind wat by GLOW se deur instap aan te moeding om ‘n lewenslange pad met God te stap en Sy goedheid met ander mense te deel.
-
Glow Kids - 17 Januarie
-
Glow Kids - 10 Januarie
-
Glow Kids - 27 Desember
-
Glow Kids - 25 Desember
-
Glow Kids - 20 Desember
-
Glow Kids - 13 Desember
-
Glow Kids - 6 Desember
-
Glow Kids - 29 November
-
Ek Mag Vra - Wat is die Regte ding om te doen as Ek Verkeerd was? | Glow Kids - 22 November
-
Ek Mag Vra - Hoe Weet Ek wat Reg en Verkeerd is? | Glow Kids - 15 November
-
Ek Mag Vra | Was Jesus in SA toe Hy op Aarde was? | Glow Kids - 8 November
-
Ek Mag Vra | Hoe Weet God Alles Gelyktyding? | Glow Kids - 1 November
-
Ek Mag Vra | Hoe Bly God in My Hart? | Glow Kids - 25 Oktober
-
Ek Mag Vra | Hoe Kom God in My Hart? | Glow Kids - 18 Oktober
-
Ek Mag Vra | Hoe Weet Ek God is Lief vir My? | Glow Kids - 11 Oktober
-
Ek Mag Vra | Hoe Lyk God? | Glow Kids - 4 Oktober
-
Glow Kids - Aktiwiteit 25
-
My God Kan Sing | Glow Kids - 27 September
-
Glow Kids | Aktiwiteit 24
-
My God Kan Verf | Glow Kids - 20 September
-
Glow Kids | Aktiwiteit 23
-
My God Kan Speel & Dans | Glow Kids - 13 September
-
Glow Kids | Aktiwiteit 22 | Vuurpyl
-
My God Kan Lag | Glow Kids - 6 September
-
Glow Kids | Aktiwiteit 21 | Walvis uit Water
-
Koninkryk | Sleutels | Glow Kids - 30 Augustus
-
Glow Kids | Aktiwiteit 20 | Boekmerke
-
Koninkryk | Suurdeeg | Glow Kids - 23 Augustus
-
Glow Kids | Aktiwiteit 19 | Hond - Hand Puppet
-
Koninkryk | Wie is die Belanrikste? | Glow Kids - 16 Augustus