Ons is baie bewus van die effek wat die Covid-19 pandemie op ons gemeenskappe en land het. Daagliks word die nood al hoe groter. Dus doen ons alles in ons vermoë om steeds hulp te verleen by instansies en individue. Ons dank die Here vir oop harte en hande wat saam met ons hierdie pad stap.
Daar is verskeie praktiese maniere hoe jy deel kan wees hiervan (fisies en finansieël). As jy graag wil deel raak kan jy gerus die kontakvorm hieronder invul of direk kontak maak met Fransa.
OOR FRANSA
Ek is gebore in Upington en word groot in Keimoes. Waar ek geseënd was om van Sub A (Gr. 1) tot Matriek (Gr. 12) in Hoërskool Keimoes te wees.
Die wonderlikste kinderjare denkbaar.
Hier het ek wel onder een groot illusie grootgeword, dat rykmense eet hoender, aangesien ons slegs Sondae en op baie spesiale geleenthede hoender geeët het, want die res van die tyd was dit net skaapvleis.
Studeer naskool vir 3 jaar aan die Potchestroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys waarna ek begin werk by die eertydse Gevangenisdiens, nou Korrektiewe Dienste, in Johannesburg (Sun City).

Na 21 jaar diens roep ek Korrektiewe Dienste vaarwel en klim uit die boot uit want ek was oortuig daar was meer aan die lewe as wat ek beleef het. Vir die daarop volgende 3 jaar verbeter ek my uitkyk op die lewe en leer hoe klink God se stem. Intussen vind ons ‘n geestelike tuiste by WesrandLewensentrum en raak betrokke by welsyn aktiwiteite wat lei tot ‘n meer permanente en amptelike betrokkenheid by Ritmia vanaf September 2018.
Vandag glo ek nie net God kan en wil nie maar dat Hy ook sál. Die Woord is lewend en wil hiermee elkeen uitnooi om nooit jou verhouding met die Drie-Enige God af te skeep nie want daar is ongelukkig geen plaasvervanger nie. Hy hoor elke gebed en vir Hom is daar geen rede hoekom Hy jou nie kan liefhê nie. Onthou elkeen het sy eie pad om te stap met sy eie unieke menswees, agtergrond en omstandighede, gaan luister na God se hartklop vir jou en jou alleen.